Inge Lotz: Staat wen appèl teen Van der Vyfer

Inge en Fred van der Vyver

Die ministerie van polisie het ‘n appèlverhoor gewen teen Fred van der Vyfer, wat die staat suksesvol gedagvaar het nadat hulle hom glo kwaadwillig oor die moord van sy meisie, Inge Lotz, vervolg het.

Die hoogste hof van appèl het Donderdag ‘n vroeëre bevinding deur die Kaapstadse hooggeregshof omgekeer. Die Kaapstadse hooggeregshof het bevind dat die ministerie vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kan word ná Van der Vyfer se vervolging vir Lotz se moord in 2005. Hy is in November 2007 vrygespreek.

Die appèlhof het bevind dat Van der Vyfer nie die kwaadwillige intensie aan die kant van die polisiebeamptes, wat die misdaad ondersoek het, kon bewys nie. Dit is “eerder waarskynlik” dat die polisie ‘n fout gemaak het met die vingerafdrukbewyse as wat daar ‘n “ingewikkelde bedrogspul” deur beamptes teen Van der Vyfer was. Die hof het die vroeëre uitspraak met koste ter syde gestel, en bevind dat, aangesien Van der Vyfer se burgerlike of grondwetlike eis teen die polisie op dieselfde gronde gebaseer is, dit ook nie suksesvol kan wees nie.

Lotz is in 2005 in haar woonstel in Stellenbosch aangerand en met ‘n mes doodgesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.