Inhoud van Mandela-testament bekend gemaak

Oud-president Nelson Mandela se kis word deur draers na die Uniegebou gebring Foto: Madelene Cronje/SAPA

Oud-president Nelson Mandela se kis word deur draers na die Uniegebou gebring Foto: Madelene Cronje/SAPA

Die inhoud van oud-president Nelson Mandela se testament sal Maandag bekend gemaak word.

“Die eksekuteurs van die boedel sal die inhoud van Mandela se testament tydens ‘n perskonferensie bekend maak,” het Dikgang Moseneke, adjunk-president van die konstitusionele hof, Sondag in ‘n verklaring gesê.

Mandela het op 5 Desember gesterf.

Volgens Moseneke sal die Mandela-stigting die inhoud Maandag omstreeks 12:00 bekend maak.

“Ek weet nie of die hele dokument voorgehou gaan word nie, maar daar sal minstens ‘n opsomming wees,” het Danielle Melville, woordvoerder vir die stigting, aan AFP gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kraalmuur ·

Klop-klop
Wie’s daar?
Mandela
Mandela wie?

Het jy hom ook al vergeet…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.