Inisiasieskole: 51 al dood

Altesaam 51 jong mans, waarvan die polisie weet, het reeds vanjaar hul lewens by inisiasieskole regoor die land verloor.

Terwyl die inisiasieskole se sogenaamde winter besnydenisseisoen ten einde loop, het die aantal sterftes in die Oos-Kaap tot 42 gestyg terwyl die syfers in provinsies soos Limpopo en die Vrystaat onderskeidelik vier en vyf is, berig RSG.

Meer as 300 jong manne is in die Oos-Kaap in hospitale opgeneem weens besnydingsprosdedures wat skeefgeloop het of komplikasies as gevolg van mediese probleme.

Mlibo Qoboshiyane, die Oos-Kaapse LUR vir tradisionele sake, sê hulle mik daarna om later vanjaar ‘n baie beter besnydenisseisoen te hê. Volgens Quoboshiyane is dit belangrik om die monitering van dié proses te verskerp en te verseker dat die gemeenskap daarby betrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius Buys ·

Die statistiek is skokkend. Gelukkig gaan my twee seuns Voortrekkers toe wat nie sulke malheid onderskryf nie. Daar is baie meer gesonde maniere om tot manlikheid toe te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.