“Inisiasieskool is volksmoord,” sê leier

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

ʼn Oos-Kaapse senior tradisionele leier het die dodetal by die AmaMpondo-nasie se inisiasieskool as volksmoord bestempel, het die Dispatch Online Dinsdag berig.

“Die hoë dodetal kan beskryf word as volksmoord,” het Ndumiso Hlongwa, Bizana se gemeenskapsleier, gesê. “Ons mense word in hierdie berge doodgekap. Kom ons hou heeltemal op met die inisiasie-tradisie, of laat ons ten minste vir ʼn paar jaar  ʼn breuk neem sodat ons kan kyk wat fout gegaan het met ons nasie.”

“Ons moet ander nasies soos die AmaXhosa en Sesotho raadpleeg om te leer hoe om dinge reg te doen,” het hy bygevoeg.

Die Dispatch Online berig dat 462 jeugdiges sedert 2006 in inisiasieskole in die Oos-Kaap dood is. Die meerderheid van dié sterftes is van die AmaMpondo-nasie.

Mpondombini Siqcau, die koning van die oostelike AmaMpondo-nasie, het ook versoek dat inisiasie opgeskort moet word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Moet nie bekommerd raak nie dit werk goed. Hou aan om die tradisie te laat voortleef.

Willem ·

As dit as volksmoord geklassifiseer word, behoort Jacob Zuma vir menseregtevergrype aangekla te word weens al die boere wat vermoor is en hy nie ‘n woord rep nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.