ʼn Tegniese fout het glo verkeerdelik aangedui dat Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, Donderdag teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting gestem het.
“Weens ʼn tegniese probleem met die parlement se stemmasjien, het die stelsel hom verkeerdelik aangedui dat hy teen die wetsontwerp gestem het,” het die ANC in ʼn verklaring gesê. “Die parlement het intussen spoedig die fout herstel en die notule van Donderdag se sitting sal reflekteer dat hy positief gestem het.”
Die wetsontwerp is Donderdag ná drie jaar se debat en veranderinge goedgekeur. Die wet is met 189 teenoor 74, met een onthouding, ingestem.
Alle opposisiepartye teken steeds beswaar aan teen die wetgewing. Sommige van die partye het beperkte besware aangeteken en ander het dit in geheel verwerp as ʼn bedreiging vir demokrasie, voordat die ANC-meerderheid die stem gewen het.
Hierdie weergawe van die wetsontwerp verskil glo dramaties van dit wat die ANC in 2011 voorgestel het.
Dis mos die Anti-tekkie Oom, dié hoofsweep …. ek het net bly geword en gedink hy is Anti-meer-verkeerdegoed. Toe nie. Sou pienk pantoffels ook uit wees? Lees hier:
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gn-laehalsbloese-en-tekkies-meer-vir-ANC-20130425