Inplantings ná oë uitgesny is

Die seuntjie sterk aan in die hospitaal na sy aanval. Foto: news.com.au

Die seuntjie sterk aan in die hospitaal na sy aanval. Foto: news.com.au

Die sesjarige Chinese seuntjie wie se oë uitgesny is, het Dinsdag inplantings in ʼn hospitaal in die suide van China gekry nadat ʼn dokter van Hong Kong van sy gru-aanval gehoor het.

Die inplantings dien as ‘n voorloper totdat die seun prostetiese oë gaan kry wat soos normale oë sal lyk en beweeg, maar nie sy visie sal kan herstel nie. Dr. Dennis Lam Shun-Chiu het onderneem om die onderskeie operasies verniet te doen.

Die seun, Guo Bin, wat intussen die bynaam Bin Bin gekry het, se pa, Guo Zhiping, het gesê hulle is baie hoopvol dat die prosedures ʼn sukses sal wees. “Ons moet hom nog inlig dat hy nooit weer sal kan sien nie,” het hy aan plaaslike media gesê.

Inggie Ho, ʼn assistent van Lam Shun-Chiu, het gesê die eerste fase van die prosedure was ʼn sukses en dat Bin Bin se prostetiese oë oor vier of ses weke gereed sal wees.

Maroela Media het vroeër berig dat Bin Bin gespeel het toe ʼn vrou hom in ʼn veld ingelok en sy oë uitgesny is. Daar was aanvanklik gedink sy oë is gesteel om die retinas op die swart mark te verkoop, maar dié motief is uitgeskakel toe sy oë op die toneel gevind is met die retinas in plek. Bin Bin se tannie het ses dae na die aanval selfmoord gepleeg deur in ʼn put af te spring. Daar was bloed aan haar klere. Die polisie weet nog nie wat die motief vir die daad was nie. Bin Bin se ouers sê hulle glo nie sy tannie was vir die voorval verantwoordelik nie.

Lees ook:
Oë uitsny: Vrou glo verwant aan kind; pleeg selfmoord
Seun se oë tydens gru-aanval uitgesny

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Die arme kind! Net n mal mens met geen gevoel kan so iets doen aan n kind. Weereens wonder ek, het die kind iets gesien wat hy nie moes nie, of was dit n kwessie van “netnou sien die kind dalk wat verkeerd gedoen word! Haal sy oe uit?) Mense (as jy dai tipe so kan noem) raak al hoe sieker in die uitgroeisel bokant hul skouers!

JAVR ·

Hulle moes haar oë toe geoes het en in ‘n flippen slang geplant het sodat sy vir die res van die slang se dae sien hoe laag sy was!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.