Inspirerende boodskap op badkamerdeur geplak

Die oorspronklike boodskap op die badkamerdeur

‘n Inspirerende boodskap is Maandag op ‘n badkamermuur in ‘n damesbadkamer by ‘n universiteit in Amerika opgeplak.

Dis nie ongewoon om notas, graffiti en stories op ‘n badkamermuur te sien nie, en ‘n Reddit-gebruiker, chellylauren, het vertel dat van die dames in die universiteit soms glo tragiese verhale op die mure skryf. Iemand het die afgelope week op dié boodskappe reageer.

Die volledige teks van die boodskap volg:

Aan die meisie wat verkrag is: Jy is so sterk. Ek kan my nie indink deur hoeveel pyn jy moes gaan nie. Die feit dat jy braaf genoeg was om daaroor te skryf (al is dit op ‘n badkamermuur), gee my hoop.

Aan die meisie met die eetversteuring: Glo my, al ken ek jou nie, is jy pragtig, jy verdien jou gesondheid. Jy verdien verlossing uit daardie hel.

Aan die meisie met die alkoholis-pa: Ek is so jammer vir die lyding wat dit veroorsaak. Weereens is sulke dapperheid merkwaardig. Jy moet ‘n sterk persoon wees om sulke pyn te sien.

Aan die meisie wie se pa dood is: Die verlange gaan nooit weg nie. Die seer van hul afwesigheid gaan nooit weg nie. Maar die liefde wat hulle ervaar het, die herinneringe wat julle deel sal verseker voortduur. Ek is uit die diepte van my hart oortuig dat diegene wat jou in dié wêreld verlaat het, uitsonderlik trots is op wie jy is.

Elke keer wat ek hierdie mure sien, hierdie belydenisse lees, voel ek so geseënd dat ek die voorreg het om dit te sien. Julle oomblikke, hierdie geheime, is alles kosbaar, al is dit soms so hartseer.

Aan almal van julle (insluitend diegene wie ek nie genoem het nie, en diegene wat nog nie geskryf het nie)
– Jy is waardig.
– Jy is sterk.
– Jy is dapper.
– Jy is geliefd
– Iemand gee om.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.