Die arbeidshof het Donderdag beslis dat Amcu-lede nie met die staking kan voortgaan soos beplan nie.
Regter Edwin Molahlegi, namens regter Hamilton Cele, het beslis dat Amcu op 14 Maart na die hof kan terugkeer om te verduidelik waarom dié interim interdik nie permanent moet wees nie. Molahlegi het aan die Kamer van Mynwese gesê hulle moet seker maak dat dié boodskap op alle kennisgewingborde regoor alle myne aangebring word en deur SMSe versprei moet word.
“Die boodskap moet aandui dat die arbeidshof ʼn interdik toegestaan het teen die beplande staking deur die Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu) in die goudsektor, en indien hulle daarmee sou voortgaan, dit ʼn onbeskermde staking sal wees. Hulle moet voort gaan om te werk.” -SAPA