Interdik teen OB laat vaar

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Ministers in die sekuriteitkluster het Donderdag hul aansoek laat vaar om ʼn interdik te bekom teen adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) se bekendmaking van haar verslag oor die R206 miljoense opgradering by president Zuma se privaattuiste in Nkandla in KwaZulu-Natal.

Die staat se interdik sou Vrydag aangehoor word. Die regering het gesê al wat hulle wou gehad het, was uitstel in tyd en dit het hulle deur die hofproses ontvang. Die enigste saak wat Vrydag argumenteer gaan word, is wie vir die regskoste verantwoordelik gehou gaan word.

Die OB het Woensdag hofdokumente ingedien om die interdik teen te staan en gesê die verslag is met omsigtigheid saamgestel. Die sekuriteitkluster wou die verslag keer en het aangevoer dit kan inligting bevat wat moontlik Zuma se veiligheid in gedrang bring. Mandonsela het in haar dokumente aangedui die ministers se kommer oor sy veiligheid is ongegrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

Natuurlik moet die regering die kostes betaal. Dis hulle wat die hof as vertragings taktiek gebruik het. So mors hulle alweer ons belastingbetalers se geld. Dink dit moet van die klipdom ministers se salarisse verhaal word

Daan ·

Stem saam. Hulle sal twee keer dink. Hier is nog ‘n item wat op die minister van finansies se lys kan kom waar om te bespaar.

Trippie ·

Thuli Madonsela het haar beslis nie laat intimideer nie – “job well done” !

Belaglik, die ministers is bekommerd oor Z se veiligheid – dis EEN mens, hoeveel Blankes word op ‘n daaglikse basis verkrag of vermoor !

Om tot in ‘n mate veilig te voel, moet ek self die onkostes dra om alle veiligheidsmaatreëls in en om my huis in te stel. Wat maak hierdie ou so spesiaal ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.