Die sekeretaris-generaal van Navo, Willy Claes, meen die Amerikaanse minister van buitelandse sake het in ‘n toespraak reeds ‘n strafaanval teen die bewind van Bashir al Assad van Sirië aangekondig. Iran het reeds oor die gevolge van so ‘n inval gewaarsku.
Die oorlogswolke het vinnig saamgepak na berigte dat Siriese vliegtuie gifgasaanvalle op burgerlikes geloods het wat waarskynlik meer as 500 lewens gekos het.
Dié beweerde aanval word nou deur die VN se span in Sirië ondersoek, maar dit lyk nie of die VSA gaan wag vir ‘n amptelike bevinding nie.
Claes is nie gekant teen so ‘n strafaanval nie, maar meen dat die VSA moet water trap voor die aanval geloods word sodat die VN se taakspan verslag kan doen.
Dit lyk buite die kwessie dat die strafaanvalle met die instemming van die VN sal geskied, omdat dit seker lyk dat Rusland en China dit sal veto.
Na berig word het Turkye, ‘n Navo-lid, aangedui dat hy gereed is om aan die aanval deel te neem. Turkye het met die Navo-aanslag op Libië uitgesit.
Sowat ‘n 100 000 mense het reeds in die Siriese burgeroorlog omgekom, en buurlande soos Turkye en Jordanië is deur duisende vlugtelinge oorstroom.
Die Siriese konflik balanseer lank reeds op ‘n mespunt. Hizbollah, ‘n Libanees-Sjiïtiese bondgenoot van Assad, het reeds by gevegte in Sirië betrokke geraak, terwyl Israel ook reeds minstens een lugbombardement op selektiewe teikens geloods het. Irak se Koerdestan word deur Siriese vlugtelinge, klaarblyklik hoofsaaklik Koerde, oorstroom. Koerdestan hou in September ‘n Koerdiese konferensie met verteenwoordigers uit verskillende lande met groot Koerdiese gemeenskappe. Daar word hard gewerk om witvoetjie by Iran te soek hiervoor. Iran is gesteld daarop dat Assad, wat tot die Alawiete-sekte van die Sjiïete behoort aan bewind kan bly, sodat Sirië as deurgangsroete vir wapens na Hizbollah kan dien. Israel het juis pas weerwraak-bombardemente op Libanon uitgevoer na mortiere weer uit Libanon op Israel afgevuur is.
Om te midde van die allegaartjie in die erg heterogene Sirië geskikte teikens te vind, wat terselfdertyd Assad se bewind voldoende sal lamlê, is ‘n baaie komplekse taak. Een van die oogmerke van hierdie soort aanvalle, soos wat Navo ook in Kosovo op Serwiese magte geloods is, is om grootskaalse drostery te stimuleer.
Die taai toffie is dat Sirië veel meer heterogeen is as Kosovo, Libië, Irak en selfs Afganistan. Dit kan maklik in ‘n poel dryfsand vir die aanvallers word, omdat in Sirië, dit geen vanselfsprekendheid is dat my vriend de vriend ook noodwendig my vriend is nie. Omtrent al min of meer gemeenskaplike vyand is Israel, en Israel kan baie maklik ingesleep word om sentimente te konsolideer.
Maar aan die ander kant – as Assad se mense wel gifgas aangewend het, is daar min of meer internasionale konsensus dat Assad nie ongestraf kan bly nie.
Van die belangrikste berigte oor die oorlogsplanne kan gelees word by:
Die VSA is seker die land wat die afgelope 100jaar die meeste kere oorlog gemaak het en die enigste land wat al ‘n atoombom op ‘n ander nasie laat val het. Wat is dit met die klompie daar anderkant die atlantiese oseaan? Hulle gaan meer as hul vingers verbrand as hulle so aangaan.
Johann,waar daar olie is,daar is hulle,kyk maar dit is die waarheid.
Die ding is net as hulle hulle vingers verbrand gaan dit die HELE wêreld raak. Ek het regtig minder tyd vir Amerikaners as vir enige anderlanders. Hulle bekke is groot en hulle dink as hulle vingertjies klap moet die hele wêreld op aandag spring. Hulle dink nie aan wat hulle aan onskuldige mense en kinders doen nie want in hulle oë is hulle die vyand en verdien om te sterf. Hulle het met die chemiese kak begin maar wil nie toelaat dat enige ander land dit doen nie en kan ek julle waarborg as daar diep genoeg gekrap kan word sal ons GROOT dinge van chemiese wanaanwending deur die Amerikaners wees. Tot vandag toe!
Dis wel hartseer en tragies om die mense, en veral kinders, te sien wat deur die chemieseaanval
geraak is! Toe duisende kinders egter gesterf het a.g.v siekte en hongersnood aan die hand van
die Britse -nasie van diewe en moordenaars was Amerika en sy bondgenote doodstil omdat daar
niks vir hulle te aas was nie!