Internet-foefie het aanhangers op hol

‘n Voorbeeld van die slenter

ʼn Internet-foefie wat beweer die bekende kletsrymer, Eminem, is met ʼn mes aangeval, het sommige nuuskierige sosialemedia-gebruikers in ʼn slenter laat beland.

ʼn Boodskap doen die ronde dat Eminem glo vier keer deur ʼn aanhanger met ʼn mes gesteek is. Die boodskap wys ook ʼn gru-foto van iemand se rug met vier snymerke, asook ʼn “gepaardgaande video” wat net vir “mense ouer as 18” bedoel is.

Volgens die webwerf About.com is die storie egter ʼn slenter om Facebook- en Twitter-gebruikers op bemarkingswebwerwe te kry.

“Die storie is onwaar en die video bestaan nie eens nie. Verbruikers wat op die skakel klik word na ‘webwerwe’ herlei wat ‘gratis pryse’ belowe, wat ook nie bestaan nie, vir mense wat ʼn aanlyn-opname voltooi,” berig About.com.

“Mense wat die instruksies volg, deel gewoonlik die skakel op hul eie sosialemedia-rekeninge, wat veroorsaak dat hul eie vriende in dieselfde strik trap.”

ʼn Soortgelyk slenter het verlede jaar ook die ronde gedoen het wat beweer het Justin Bieber is aangeval. Dieselfde foto is daarvoor gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.