Internet se lieflinghond sterf

John en Schoep

‘n Video wat die verhaal van die foto vertel volg onderaan die berig.Die hond in ‘n foto [sien foto regs] van Augustus 2012 saam met sy baas, John Unger, in Lake Superior, wat miljoene se harte aangeraak het, is oorlede.

Unger het Schoep elke aand in die meer in geneem om die pyn van sy erge artritis te probeer verlig. Duisende mense het finansieel bygedra vir behandeling om seker te maak dat Schoep en Unger nog bietjie langer bymekaar kon bly.

Schoep het op 15 Junie sy 20ste verjaarsdag gevier, maar is 26 dae later oorlede. ‘n Foto van ‘n hondespoor in die sand is Donderdag op Schoep en John se amptelike Facebook-blad geplaas met die bevestiging dat Schoep Woensdag oorlede is.

“As jy liefde gee, sal dit tienvoudig na jou terugkeer,” het Unger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietta ·

So jammer vir jou..jy het jou beste Maat verloor..trots op jou dat jy so lief was vir hom

hl ·

slaap rustig schoep. jou wonderlike siel sal terugkom aarde toe om net mense weer bewus te maak van wat werklik belangrik is :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.