Interpol genader in saak teen Oscar Pistorius

Pistorius

Eyewitness News het Saterdag berigpolisiebeamptes gaan die internasionale polisieorganisasie (Interpol) nader vir hulp in hul saak teen Oscar Pistorius.

Die Olimpiese en Paralimpiese atleet se meisie, Reeva Steenkamp, is op 14 Februarie in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet. Pistorius voer aan hy het haar vir ‘n oortreder aangesien, maar die staat ondersoek ‘n saak van moord met voorbedagte rade.

Dit het in Junie aan die lig gekom dat Pistorius ‘n wagwoord vir sy Apple iPhone, wat glo die aand gebruik is, vergeet het. Alhoewel die foon nie gesluit is nie, probeer speurders om die toestel forensies te ondersoek en wil hulle toegang bekom tot data wat moontlik uitgevee of weggesteek is, berig EWN. Vir dié speurwerk benodig hulle sy iTunes-wagwoord.

EWN berig verder polisiebeamptes het hul eweknieë by Interpol genader om die kundigheid van Apple Inc se personeel te bekom. Die polisie hoop dat die wagwoord van Apple se bedienaars afgetrek kan word. EWN sê volgens ‘n bron naby aan die ondersoek het Interpol nog nie op die versoek reageer nie.

Pistorius moet op 19 Augustus weer in die hof verskyn. Hy is tans vry op borg van R1 miljoen.

Lees ook:
Apple moet help met Oscar-moordsaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

brampie ·

Mens kan net forgot password click en dan stuur hulle ‘n link na jou email adres toe, dan verander jy jou password. Duh!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.