Inwoners betoog, versper nóg JHB-paaie

Argieffoto

Inwoners van Orange Farm, suid van Johannesburg, het Woensdag betoog deur klippe en bande wat aan die brand gesteek is op hoofpaaie in die gebied te plaas.

“Die is nie veilig om die omgewing te betree nie, veral nie vir motoriste nie, want daar is verskeie versperrings op die paaie,” het hoofsup. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gewaarsku. “Motoriste word aangeraai om van die N1-deurpad gebruik te maak in plaas van die Golden Highway.”

Die betogers het ook versperrings tussen Welgevondenweg en die Palm Springs-winkelsentrum geplaas.

Volgens Minnaar is dit nie duidelik waaroor die inwoners betoog nie.

Lees ook:
Betogers gooi klippe na voertuie in Roodepoort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Sommer 2 berigte na mekaar waar die spul sogenaamd “sing en dans” !

Verwonnor ek vimy, waar kom die klippe en die taaiers vandaan ?!?!

“Volgens Minnaar is dit nie duidelik waaroor die inwoners betoog nie.”

ANTWOORD: Dringende behoefte ontstaan om weer te “destruct and destroy” aksie uit te voer.

Seg Net ·

Die goed betoog weer oor dienste waarvoor hulle nie betaal nie, maar aandring daarop. Malema se broers. Hierdie gedrag gaan al meer voorkom en meet met geweld gepaard gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.