Inwoners gevra om giftige sout terug te bring

Die departement van openbare veiligheid in Noordwes het Maandag ʼn beroep gedoen op mense wat giftige sout opgetel het, nadat ʼn goedere trein by die Mahikeng-stasie omgeslaan het, om dit terug te besorg aan die owerheid.

ʼn Woordvoerder van die departement, Lesiba Kgwele, sê die sout is giftig en het mense gewaarsku om dit nie in te neem nie. Hy sê talle mense het na die toneel gehaas en die sout versamel na die ongeluk vroeër Maandag. Hy sê van die mense het groot hoeveelhede sout op bakkies gelaai, onbewus daarvan dat dit giftig is. Kgwele sê niemand sal gestraf word indien hulle die sout terugbesorg aan die owerheid nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.