Inwoners glo vermoor oor bendebedrywighede

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Sondag in Khutsong naby Carletonville aan die Wes-Rand vermoor, het die Gautengse polisie Maandag gesê.

“Die sesde man se liggaam is Sondagaand opgespoor, hy is aan die brand gesteek,” het brig. Neville Malila gesê. Malila sê die polisie is op hoëgereedheidsvlak geplaas en hou die situasie fyn dop. “Die polisie is in die gebied, en niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.”

Ses mense, insluitend ʼn sangoma, is Sondag vermoedelik deur lede van die gemeenskap vermoor ná sowat 400 mans, glo inwoners van Khutsong, ʼn vergadering gehou het om bendebedrywighede te bespreek.

Malila sê een van die groepe is na ʼn huis in Khutsong x3 waar hulle ʼn 61-jarige tradisionele geneesheer aangeval en hom en sy huis aan die brand gesteek het. Die man is op die toneel dood.

Ander groepe het ná die vergadering na Uitbreiding 4, Fase 2, gegaan waar twee jong mans, vermoedelik lede van ʼn bende, aangerand en aan die brand gesteek is. Hulle is ook op die toneel dood.

Malila sê die groepe het ʼn aantal mense in Uitbreiding 5 in Carletonville, wat glo aan bendes behoort, aangerand. “Twee van die vermeende bendelede is gestenig. Een is op die toneel dood en ʼn ander het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

“Polisievoertuie wat na die tonele ontbied is, is met klippe bestook en beskadig,” het Malila gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.