Inwoners skop teen Noordwes-naamsverandering

Thandi Modise. Foto: GCIS

Inwoners van Noordwes is nie tevrede met die voorgestelde naamsverandering van dié provinsie nie.

Die radiostasie OFM het Vrydag ʼn meningspeiling onder sy luisteraars gedoen wat hul misnoeë oor die voorgestelde naamsverandering uitspreek het. Die luisteraars was dit eens dat die regering die geld wat dit gaan kos, op belangriker aangeleenthede kan spandeer. Klik hier om na ʼn insetsel te luister.

Maroela Media het Donderdag berig planne om Noordwes se naam te verander, het momentum gekry nadat Thandi Modise, die premier, gesê het die provinsie het ʼn naamsverandering nodig.

Modise het tydens ʼn toespraak in die provinsiale wetgewer gesê Noordwes moet nie langer net ʼn rigtingaanwyser op ʼn padkaart wees nie. ʼn Voorgestelde naam is ʼn “struggle”-leier soos Moses Kotane. Modise sê daar sal openbare verhore rakende die naamsverandering plaasvind.

Modise se aankondiging kom sowat drie maande ná Supra Mahumapelo, ANC-voorsitter in Noordwes, se aankondiging dat sy party oorweeg om die provinsie se naam te verander. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JB ·

Hul bly maar lief vir geld mors!!! Wonder hoeveel gaan sy kry by die Moses se familie ??

De Wet Momberg ·

Ek woder darem hoe het hulle op daai naam besluit aangesien die katane karakter al in 1928 die ANC verlaat het en hulle uitgekruit het as “swak en oneffektief” .Hy is in Rustenburg gebore en in Rusland begrawe .85 Jaar later is die ANC net soos hy hulle beskryf het …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.