Inwoners van Vaalwater sedert Maandag sonder water en krag

beurtkragInwoners van Vaalwater in Limpopo is moedeloos en besighede moes hul deure sluit, aangesien die dorp sedert Maandag sonder elektrisiteittoevoer oor die weg moet kom.

Patrick Shika, die woordvoerder van die Modimolle-munisipaliteit, het Vrydag aan Maroela Media gesê die probleem het by die dorp se substasie ontstaan waar ʼn transformator ontplof het. “Die transformator was al te oud,” het Shika gesê. Die tekort aan elektrisiteitstoevoer beïnvloed ook die dorp se watertoevoer en sanitasiegeriewe.

Tydens Maroela se oproep was Shika in Heidelberg by ʼn maatskappy wat transformators vervaardig. “Ons is op hierdie oomblik besig om ʼn nuwe transformator aan te skaf. Dit is ʼn tydsame proses, want voordat enige transformator sommer by enige substasie geïnstalleer kan word, moet dit eers aan ʼn reeks toetse onderwerp word.”

Shika het gesê hy sal later Vrydagmiddag uitsluitsel hê of die transformator wat hulle wil aankoop die toetse geslaag het.

“As die toetse suksesvol is, sal die transformator Saterdagoggend om 03:00 by die dorp aankom waar tegnici van die munisipaliteit en Eskom gereed staan om dit te installeer. Die installasieproses behoort na verwagting ongeveer drie ure te neem, so ons hoop om elektrisiteitstoevoer teen Saterdag te herstel,” het hy gesê.

Shika het gesê daar is voorsiening gemaak dat inwoners toegang tot water kan hê deur watertenkwaens wat die ronde doen. Hy het gerugte ontken dat die munisipaliteit te arm is om ʼn nuwe transformator aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Ons was een jaar vir 8 dae sonder krag. ‘n GROOT gedeelte van ons buurt. En ons het nie eens ‘n hek of pyp beskadig, of eens een klip in die pad gesit nie.

Die ergste? Toe die water en ligte rekening opdaag.. GEEN verskil van die vorige maande nie. Ons het betaal, selfs al was daar vir ‘n volle 8 dae nie krag gewees nie.

Almal van ons het kalm en geduldig gewag tot die krag weer aangekom het.

En o ja.. Ons is ten minste vir twee dae van elke maand sonder water. Sonder enige waarskuwing. En daar is GEEN watertenks vir ons nie.

Ek wag nog dat iemand ‘n band verbrand en klippe gooi… maar niks nie.

Oms wag maar geduldig tot die water weer aankom.

Ria Maritz ·

Jinne Amy, dis ‘n gruwelooslike skande.

Ons het nou wel nie die water-probleem nie, maar sit weer gereeld met die krag-probleem.

Gewoonlik is dit net na 5 in die middae (wanneer meeste dames begin om aandete voor te berei) of andersins soggens, net na 5 (wanneer ons werkende mense graag wil bad, en in die geval van dames, ons hare wil droogblaas en stileer).

Dinsdag was weereens so oggend vir my – klaar gebad, hare gewas, toe gaan die krag af. Nodeloos om te sê, teen my wil is ek met nat hare en al oppad werk toe, gewapen met die borsel, kam en my haardroër. Ek kan jou een ding belowe, as ek sonder water sit, sal my werkgewer my verseker nie sien nie, en hy weet dit ook.

Larnika ·

Ons is van vaalwater en lekker om te lees die res van die land weet darm wat hier aangaan. Die feit dat ons al van maandag af sonder krag sit is nie die klug van die storie nie. Die hele dorp moes water pompe en juju tanks aanskaf want die munsipaliteit sit ons water af van 9 in die oggend tot 7 in die aand . Baie ekstra uitgawes vir iets wat eintlik basiese noodgewes is. Vroeg in desember was ons 4 dae sonder water ook. Wat ek ( en al die inwoners wat moes skarrel vir water en tanks en en en ) voel is helemal onanvaarbaar. Snaaks die inwoners het nog nie begin betoog nie. Maar hulle het ‘n water trok wat rondry met water. Skade is we’ll klaar gedoen. Ken besigheids eienaars wat derduisende rande verlOor het as gevolg van ‘n krag stasie wat nie in stand gehou was nie. Glo nie die krag sal voor volgende week donderdag herstel word nie. Een van ons inwooners het ook die helfde van sy huis verloor as gevolg van sy generator wat ontplof het….so dis donkerte en chaos hier op vaalwater………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.