Inwoners volgens wet verplig om Sensus-vrae te antwoord

Die statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê mense is volgens wet verplig om alle vrae te antwoord gedurende die 2011-sensus wat Maandag begin.

Lehohla het reageer op ʼn verklaring van Chubb Fire en Security waarin hulle gesê het mense is nie verplig om die vrae rakende hulle inkomste en ander persoonlike inligting te antwoord nie, Die verklaring het verder gelui dat ʼn Sensus-verteenwoordiger slegs sal vra hoeveel mense bly tans op die perseel. Lehohla sê die uitlatings deur die veiligheidsmaatskappy is vals aangesien mense vrae gevra sal word rakende hulle vlak van onderwys, beroep en bron van inkomste. Hy sê elke verteenwoordiger sal na verwagting 45 minute by elke huishouding spandeer. Lehohla sê die sensus het ook ten doel om inligting te kry oor die ekonomiese posisie van die onderskeie provinsies. Chubb het mense ook gewaarsku om nie enige Sensus-verteenwoordigers op hulle eiendom toe te laat nie. Lehohla sê hoewel mense volgens wet nie verplig is om dit te doen nie dit verregaande sal wees om persoonlike inligting te bespreek terwyl bystande of mense verbyloop. Statistiek Suid-Afrika sê hy sal 2,8 miljoen plakkate opsit wat foto’s sal wys van die Sensus-verteenwoordigers voor die Sensus begin. Sensus-2011 begin Maandag en sal tot 31 Oktober duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.