Inwoners weier om te registreer vir verkiesing

'n Betoger in Sebokeng. Boiketlong is 'n groot informele nedersetting buite Sebokeng Foto: SAPA Stringer

‘n Betoger in Sebokeng. Boiketlong is ‘n groot informele nedersetting buite Sebokeng Foto: SAPA Stringer

Inwoners van die Boiketlong informele nedersetting in Sebokeng aan die suide van Johannesburg het gesê hulle sal nie oor die naweek aan die kieserregistrasie deelneem nie.

“Ons gaan nie registreer om te stem nie, en ons wil nie politieke partye naby aan ons gemeenskap hê nie,” het Daniel Mofokeng, leier van die gemeenskap, Vrydag gesê. “Hoekom moet ons registreer om te stem as niemand na ons luister nie?”

Inwoners het Vrydagmiddag weer paaie met brandende bande en bome versper en voertuie is buite Boiketlong weggewys.

Inwoners het Woensdag die strate ingevaar en eis behoorlike behuising. ʼn Betoger het vroeër die week glo tydens betogings gesterf.

Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig die verkiesing sal op 7 Mei 2014 plaasvind. Hierdie naweek is die laaste naweek waartydens kiesers kan registreer om te stem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Regso so manne …. Nou gaan die DA julle pakslae gee …. Nog beter stem DA en gee hulle kans

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.