iPads maak kinders dommer, meen kenner

kind en ipadPeuters moet vir hul ontwikkeling aan drie-dimensionele ervarings blootgestel word waar hulle al hul sintuie inspan, en nie net ‘n twee-dimensionele instrument soos ‘n tabletrekenaar nie, beweer ‘n kenner.

Tabletrekenaars bied ‘n tweedimensionele omgewing aan waarin min sintuie ingespan word, skryf Sieneke Goorhuis-Brouwer, ‘n ortopedagoog/spraakpatoloog in ‘n opiniestuk in die Nederlandse koerant, Trouw. Goorhuis-Brouwer is ‘n dosent Early Childhood Stenden Hogeschool.

Sy put onder meer uit die navorsing van die Duitse hoogleraar, Manfred Spitzer, wat die begrip “digitale dimensie” geskep het en sê van jongs af by kinders kan intree.

Goorhuis-Brouwer meen die kleuters word ook oorlaai met inligting deur tabletrekenaars en word geïsoleer wanneer hulle daarmee speel. “Dit is nadelig vir die kind se sosiaal-emosionele ontwikkeling,” skryf sy. Sy reken dus die skep van sogenaamde “iPad-skole” is daarom riskant.

Die volledige opiniestuk hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.