Iran toets langafstandmissiel

'n Shahad-missiel word gelanseer.

‘n Shahad-missiel word gelanseer.

Iran het Maandag twee nuwe missiele getoets – ‘n langafstand ballistiese missiel en ‘n grond-tot-grond lasergeleide missiel wat met groot akkuraatheid afgevuur kan word.

Die berigte meld nie wat die nuwe langafstandmissiel se reikafstand is nie, maar Iran beskik reeds oor die Shahab-langafstandmissiele met ‘n reikafstand van 2 000 kilometer. Dit beteken Iran kon reeds voor die nuwe ontwikkeling missiele tot in Israel afvuur.

Die jongste verwikkelinge sal weer die fokus skerper op Iran se kernvermoë plaas. Iran hou steeds vol dat sy kernprogram slegs vreedsame doeleindes voor oë het – maar sy geheimhouding het hom sanksies op die hals gehaal.

Die sanksies is onlangs verslap na ‘n voorlopige ooreenkoms met Westerse lande bereik is.

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ook Maandag aangedui dat dit vasbeslote is om agter die kap van Iran se kernprogram te kom, omdat aanduidings sterk is dat die land in die geheim aan ‘n kernwapen gewerk het.

Bron: Reuters, via Yahoo-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.