Irene-moordenaar kry lewenslange tronkstraf

Die man wat die 37-jarige Jaco Pretorius, ’n topbestuurslid van die Protea Coin-veiligheidsmaatskappy, in Irene na ʼn rooftog doodgeskiet het, is vandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Zwakahle Mavundla (34) het die Sterns-juwelierswinkel in die Irene Village Mall in Centurion op 5 Augustus 2009 saam met twee makkers beroof. Daarna het hy na die R21-pad langs die sentrum gevlug waar hy Pretorius in sy Toyota Prado doodgeskiet het. Pretorius wou die verdagte met sy voertuig aankeer.

Regter Jody Kollapen het hom Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis. Kollapen het die moord as onmenslik, ongevoelig en onnodig beskryf.

Buiten lewenslange tronkstraf is Mavundla verder ook vir 35 jaar gevonnis op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, aanranding, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die opsetlike beskadiging van Pretorius se voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.