isiZulu verpligtend vir KZN-studente

isiZulu gaan van volgende jaar af ʼn verpligtende vak wees vir alle eerstejaarstudente aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Dié nuwe beleid gaan van toepassing wees op alle voorgraadse studente, ongeag van hul studierigting, het The Mercury Donderdag berig. Dit sal ook die eerste keer wees dat so ʼn beleid in die Suid-Afrikaanse hoëronderwys-sektor toegepas word.

“By ʼn universiteit waar meer as 60% van sy studente Zulu-sprekend is, het die instituut ʼn verpligting om seker te maak dat taalkundige keuses effektiewe leeroplossings bied,” het prof. Renuka Vithal, die universiteit se vise-kansellier, aan die koerant gesê.

“In ‘n land wat steeds verdeel word op grond van taalkundige identiteite, moet tale dien om gemeenskappe bymekaar te bring en sosiale samehorigheid te bevorder,” het Vithal bygevoeg.

Personeel en studente sal glo ‘n eksamen ná die eensemesterkursus moet aflê, waarna hulle genoeg Zulu sal leer om mondelings in die taal te kan verkeer.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kraalmuur ·

Maak Afrikaans nou verpligtend by Maties, siende dit Weskaap se meerderheidstaal is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.