ISS: Korrupsie in polisie nie sistemies

Die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) sê korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ʼn groot probleem maar dit is nie sistemies nie.

Die hoof van die ISS se misdaad-en-justisie-program, Gareth Newham, sê hulle sien nie die polisie as ʼn korrupte organisasie nie maar gee wel toe dat korrupsie in die polisie ʼn groot probleem is. Newham het die uitlatings gemaak tydens die ISS se bekendstelling van ʼn nuwe veldtog wat mense aanmoedig om korrupsie binne die polisie aan te meld maar ook die polisie te loof waar dit hulle toekom. Newham sê korrupsie het nie in 1994 begin nie aangesien die Waarheid en Versoeningskommissie se verhore gewys het dat korrupsie reeds vroeër in die polisie voorgekom het. Newham het egter toegegee dat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, se skuldigbevinding aan korrupsie ʼn laagtepunt was. Die ISS het ook daarop gewys dat die omstredenheid rondom verdagte huurooreenkomste wat glo deur die huidige polisiehoof, Bheki Cele, onderteken is ook ʼn terugslag vir die polisie is. Die ISS het ʼn beroep gedoen op die publiek om korrupsie in die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.