Italiaanse mafiabaas in Bali aangekeer

Antonio Messicati Vitale Foto: EPA/ZUL EDO

ʼn Voortvlugtende mafiabaas is in sy luukse huis op die eiland Bali deur die Italiaanse polisie in hegtenis geneem.

Antonio Messicati Vitale, wat vroeër 10 jaar tronkstraf uitgedien het vir sy verbintenis aan die mafia, het landuit gevlug toe nuwe klagtes van uitbuiting teen hom aanhangig gemaak is. Messicati Vitale was glo die hoof van die Sisiliaanse mafia, Villabate, wat in die 1990s die middelpunt van ʼn bloedige bende-oorlog in Palermo, Sisilië, was.

ʼn Hof in Italië het Messicati Vitale in 1995 van mafia-moordklagtes vrygespreek weens ʼn tegniese punt.

Messicati Vitale was een van die top hoëprofiel Italiaanse mafiabase wat voortvlugtend was. Vitale se pa, Pietro, is in 1988 doodgeskiet.

“Die voortvlugtende se luukse woning was in ʼn oord aan die seekus in Bali, Indonesië,” het die Italiaanse polisieverklaring gesê. Speurders het hom opgespoor deur sy familielede en vriende af te luister en te agtervolg. ʼn Groep van sy familielede is tot in Bali agtervolg.

ʼn Foto wat deur die polisie bekendgestel is, wys Messicati Vitale waar hy in Kuta, Bali, rustig op ʼn dekstoel sit en rook en ʼn Dan Brown-boek lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.