Ivoor-stropery befonds glo terrorisme

Argieffoto

Argieffoto

Volgens die internasionale Environmental Investigation Agency (EIA) ontvang die terroristegroep Al-Sjabaab hope geld weens die smokkel van ivoor en renosterhorings, het Beeld Woensdag berig.

“Tot en met 40% van Al-Sjabaab se geld is afkomstig van ivoorgebruikers en -kopers,” het die EIA gesê.

Terwyl die wêreldwye fokus hoofsaaklik op die stroper val, is dit die verbruiker van ivoor, hetsy vir ornamentele of medisinale waarde, wat dié terreurgroep finansier.

’n Ondersoek vir EIA in 2011 deur Nir Kalron, stigter van Maisha Consulting, en Andrea Crosta, uitvoerende direkteur van die nie-regeringsorganisasie Elephant Action League, het gevind dat Al-Sjabaab deel is van ’n internasionale ivoorsmokkelnetwerk. Die groep is ook betrokke by die smokkel van renosterhoring wat hulle daartoe in staat stel om plofstof, patrone en vuurwapens aan te skaf.

Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat Al-Sjabaab in 2011 tussen bykans R2 miljoen en R6 miljoen per maand uit die onwettige verkoop van ivoor verdien het. In 2012 was die geraamde kleinhandelprys van ivoor op die swartmark sowat R18 000 per kilogram.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nienie ·

As dit die waarheid is, kan die verkoop van veral renosterhoring nooit gewettig word nie. As dit gebeur, word die befondsing van terrorisme met ons almal se toestemming gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.