Jaagduiwel glo ook dronk

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol en teen ʼn hoë spoed gery het op die N1-suid in Midrand, Gauteng.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die 39-jarige man het glo teen 172km/h in ʼn 120km/h-sone gery toe hy deur die metropolisie betrap is. Hy het glo onder die invloed van alkohol bestuur. Minnaar sê die man sal na verwagting vandag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met ʼn spoedoortreding en bestuur onder die invloed van alkohol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.