Jaagduiwel het 10-jarige by hom

‘n Man is Saterdag in Pretoria naby die ou Johannesburg-pad in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens verbreek het.

“Die 42-jarige man in sy silwer Lexus is net voor 15:00 afgetrek nadat hy teen 199km/h in ‘n 120km/h-sone gery het,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. “Dit was eers nadat die man afgetrek is dat die beampte die 10-jarige seun in die motor opgemerk het.”

Die man kon glo nie ‘n rede gee waarom hy so vinnig ry nie. Hy het glo van ‘n vriend se huis af teruggekeer en nie besef hy ry te vinnig nie. Die man is in hegtenis geneem en na die Wierdabrug-polisiestasie geneem waar hy van roekelose bestuur aangekla is. Hy is op borg vrygelaat.

Nxumalo sê die man sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.