Jaagduiwel in hegtenis geneem na jaagtog

ʼn Motoris wat na bewering vir die Midrand blitspatrollie weggejaag het wat hou wou voorkeer vir ʼn spoedoortreding, is in hegtenis geneem nadat hy teen ʼn randsteen gebots het.

ʼn Polisiewoordvoerder, Buspahi Nxumalo, sê die man het na bewering Saterdag gevang waar hy op die R21 teen ʼn spoed van 189km/h gery het. Die man, ʼn Sjinese burger, het begin spoed verminder toe die blitspatrollie hom wou aftrek maar het na bewering toe weggejaag. Die blitspatrollie het hom agternagesit en hy het oor ʼn rooi verkeerslig gejaag en teen nog ʼn motor gebots in Lyttelton. Die insittendes van die ander motor is lig beseer. Die man het weer weggejaag en teen ʼn randsteen gebots. Volgens Nxumalo het die blitspatrollie twee kleuters in die motor gevind en R30 000 kontant in ʼn swartsak. Die motor het net ʼn nommerplaat voor gehad wat aan ʼn ander motor geregistreer is. Die man is in hegtenis geneem en borgtog geweier. Hy sal Maandag in Pretoria landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.