Jaagduiwel lieg glo oor rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Vier motoriste is Sondag in Gauteng in hegtenis geneem en twee van hulle is teen meer as 200km/h op die N12 in ‘n oostelike rigting naby Voortrekker-afrit gevang.

“’n 32-jarige man met sy BMW M3 het teen 208km/h in ‘n 120km/h-sone gejaag,” het hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) gesê. “Die motoris het aangevoer daar is ‘n rooftog aan die gang by sy onderneming in Primrose. Hy is tot daar vergesel en die beamptes het uitgevind hy het daaroor gelieg. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en van roekelose en nalatige bestuur aangekla.”

‘n 24-jarige motorfietsryer het op dieselfde pad teen 204km/h gejaag. Hy het beweer hy is laat vir werk. Twee ander motoriste is ook aangekeer wat onderskeidelik 164km/h en 169km/h gery het. Die motoriste sal na verwagting binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Agt motoriste is Saterdag in Brakpan en Benoni aangekeer. Een persoon het teen 158km/h op die R23 naby Mansweg in Brakpan gery. Hy het ook aangevoer hy is laat vir werk. Vyf van dié motoriste het tussen 142km/h en 153km/h op dieselfde pad gery. Twee motoriste is in Benoni aangekeer wat meer as 107km/h op Main Reefweg en Garysteelweg gery het. Die spoedbeperking in dié gebied is 70km/h, het Kgasago gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Slim het sy baas gevang.
Dit help nie om te lieg nie … maak liewers jag op die verpestelike taxi-bestuurders.

renier de beer ·

Dis jammer dat die poliesie en verkeerspoliesie in so n toestand verkeer. Enige junior amptenaar is so goed as sy leier. Die senior lede word van dronkbestuur aangekla en niks gebeur. Nuut aangestelde senior polisie amptenare word met hangende hofsake teen nou wat se voorbeeld is dit van mc bride af tot by ministers. Word wakker mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.