Jaagduiwel ry meer as 200km/h

00021405A driveʼn Vrou is Woensdagoggend vasgetrek nadat sy teen 205km/h op die N2 in Fairbreeze naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal gejaag het.

“Die vrou met haar silwer BMW is in ʼn 120km/h-sone aangekeer,” het Kwanele Ncalane, woordvoerder van die departement van vervoer in KwaZulu-Natal, gesê. “Sy is op R1 000 borg vrygelaat en sal na verwagting binnekort in die Gingindlovu-landdroshof verskyn.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het die motoris se gedrag gekritiseer. “Dit is sulke roekelose optrede wat onskuldige mense se lewens eis,” het Mchunu gesê. “Ons het verlede naweek 25 mense in verskeie ongelukke regoor die provinsie aan die dood afgestaan. Dit is kommerwekkend en vereis ʼn gedragsverandering van ons almal om die padreëls te gehoorsaam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Hmmm, ja, vat net die taxi-bestuurders ook vas. Hulle stop standaard enige plek, enige tyd. Daar gaan nie een dag verby wat ek nie op ‘n taxi-ongeluk (as mens ENIGSINS daarna kan verwys as ‘n ongeluk) afkom nie.

JAVR ·

Nee hulle sal mos nie daarna verwys nie want dis mos die familiebesigheid daai!

Jen ·

My vraag is hoekom word daar vinnige motors gemaak as die spoedgrens 120km per uur is? Hoekom word alle motors se top spoed nie af gebring na 120 top spoed dan sal daar minder ingelukke wees! Trippie ek stem saam jou wat van die taxi’s

vuurvreter ·

Trippie kom kyk gerus in Parow na die taxis. Jou hare sal orent staan en al is daar metro polisie don hulle tog niks. Sit net en eet in staats karre waarvoor ons betaal. .

german ·

Maar as sy ‘n bloulig op haar BMW gehad het en laat was vir ‘n vergadering terwyl sy in diens was van die staats, kwalifiseer dit natuurlik nie as ‘n oortreding nie. Dan sou opmerkings seker gelees het dat die publiek hulself in gevaar stel deurdat hulle op dieselfde tydstip dit waag om saam met haar op die pad te verkeer.

akram ·

Blitsige antie daai. Was seker laat gewees om die familie se kos in die mikro te druk….

JAVR ·

wha ha ha ha…moet sê dis FLIPPEN vinnig! Maar mens voel nie die spoed in daai spoggerige goedjies nie!! Dis net in die ou kleintjies waar jy sestig ry en die voel en klink soos 160!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.