Jaagduiwel teen 240km/h vasgetrek

speeding-300x225Die bestuurder van ʼn Mercedes Benz het Sondagoggend beheer oor sy motor verloor waarna dit verskeie gerol het terwyl hy glo van die polisie probeer wegjaag het.

Supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die 23-jarige man het glo teen 240km/h op die R21 gery toe verkeersbeamptes hom probeer aftrek het. Die man het glo weggejaag waarna hy sy motor gerol het. “Hy het gelukkig net geringe beserings opgedoen. Die man het aan beamptes gesê hy was op pad om sy pa te gaan haal.” Kgasago sê die man was een van 11 mense wat tussen die Olifantsfontein en R23-afritte in hegtenis geneem is vir onder andere spoedoortredings. ʼn 38-jarige motorfietsryer is in hegtenis geneem nadat hy teen 222km/h gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Thea Kluckow ·

Geen meegevoel vir die sulkes nie. Sluit hul summier toe. Hul kon my man of kind se dood veroorsaak het. Dieselfde met dronk bestuurders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.