Jaagduiwels in JHB vasgetrek

Twee mans is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hulle die spoedgrens in Johannesburg verbreek het.

“ʼn 47-jarige man van Mpumalanga is Sondag in hegtenis geneem nadat hy 190km/h in ʼn 120km/h-sone op die N1-suid in Midrand gery het,” het Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse Metropolisie gesê. Die man sal Maandag in die landdroshof in Randburg verskyn.

“Die bestuurder van ʼn blou BMW is Saterdag in Boksburg hegtenis geneem nadat hy teen 101km/h in ʼn 60km/h-sone in North Randweg gery het,” het Wilfred Kgasago, hoofsuperintendent van Ekurhuleni Metropolisie, gesê. “Die man het beweer hy verhuis van Boksburg na Actonville en gesê hy wil nie ná skemer sy waardevolle besittings vervoer nie.” Die man is van roekelose of nalatige bestuur aangekla en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Boksburg verskyn.

Agt-en-dertig ander spoedvrate is op kamera vasgevang en sal hul boetes in die pos ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.