Jacaranda FM-omroeper se vrou geskiet

Paul en Zina Rotherham

Paul Rotherham, ʼn omroeper by Jacaranda FM, se vrou is Woensdag twee keer in haar voertuig geskiet in ʼn poging om haar te kaap.

Zina Rotherham is geskiet kort nadat sy ʼn vriend by die Marlboro Gautrein-stasie in Sandton afgelaai het. Die voorval het naby die stasie in Alexandra plaasgevind. Volgens Paul is Zina in haar hand en bolyf geskiet. Sy sterk tans in die Sunninghill-hospitaal aan.

Rotherham het Woensdagaand gesê sy is buite gevaar, maar is steeds in die hoësorg-eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieter ·

Wie se dom idee was dit om die stasie daar te bou?? Het geweet dit sou een of ander tyd ‘n crime hotspot raak, hoop sy word gou beter.

estelle ·

wie gee enige donner di reg om jou voertuig sommer net te wil ‘vat en dan op di koop tu, word jy geskiet!! Als in hierdi land word mos sommer net gevat…mahala!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.