Jacaranda FM-omroeper se vrou sterk aan

Zina Rotherham sterk in die hospitaal aan. Foto: Facebook

Paul Rotherham, ʼn omroeper by Jacaranda FM, se vrou, Zina, sterk aan nadat sy Woensdag twee keer geskiet is tydens ʼn kapingspoging.

Zina is geskiet kort nadat sy ʼn vriend by die Marlboro Gautrein-stasie in Sandton, Johannesburg, afgelaai het. Die voorval het naby die stasie in Alexandra plaasgevind. Zina is in haar hand en maag geskiet. Sy sterk tans in die Sunninghill-hospitaal aan.

Paul het Donderdagaand op sy Facebookblad geskryf “sy is positief en vol grappies” in die hospitaal en gesê Zina sterk goed aan in die hoësorg-eenheid. “Sy is positief en maak grappies, al is haar hand baie seer. Ons is dankbaar vir morfien,” skerts hy.

Hy sê dokters wag vir die wond in haar maag om te dreineer voor sy in die teater opgeneem kan word vir ʼn spesialis om aan haar linkerhand te opereer.

Zina en Paul het almal bedank vir hul gebede, ondersteuning en boodskappe van bemoediging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.