Jack Parow agter tralies

Jack Parow

Die kletsrymsanger Jack Parow, oftewel Zander Tyler (31), is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo rusverstoring by ʼn oord, waar hy oornag het om die naweek by die Oppikoppi-fees op te tree, veroorsaak het.

Louise Crouse, Parow se woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig hy is vandag in hegtenis geneem. “Hy het my vlugtig gebel. Ek weet nie presies wat gebeur het nie, hy het net gesê hy en ʼn vriend het ʼn boot gehuur en is daarna in hegtenis geneem vir rusverstoring,” het sy gesê.

Intussen het Hilltop Live Promotions, wat die Oppikoppi-fees organiseer, ook laat weet dat Parow in hegtenis geneem is en dat sy optrede by Oppikoppi uitgestel is tot verdere kennisgewing. Parow sou Vrydag om 01:00 daar opgetree het.

Volgens Hilltop Live het Parow en sy vriende by die Vaalkopdam, sowat 60km suid-oos van Northam waar die fees gehou word, oorgeslaap. “Volgens berigte het Parow en een van sy vriende vanoggend omstreeks 01:30 ʼn plesierrit op die dam gaan neem deur iemand se catamaran te ‘leen’.”

Die polisie het opgedaag en verskeie kere probeer om die twee na die oewer te roep. “Parow en sy vriend het aanvanklik gedink hulle word in hegtenis geneem omdat hulle die boot ‘geleen’ het, maar die polisie het herhaaldelik vir hulle verduidelik hulle word in hegtenis geneem omdat hulle te veel lawaai gemaak het,” het Hilltop Live gesê.

Martha Pretorius, wat by die dam bly, het gesê sy het ʼn harde gesingery vir ten minste 45 minute lank oor die water gehoor, voor die polisie opgedaag het.

Lees die opvolg berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

leana ·

Dis hierdie sort kommin witmens wat ons jeug verder in die verderf inlei.

M J MULLER ·

Jack Parow is n vieslike man geen maniere en baie sleg vir ons jong kinders.

Trippie ·

Nie slegs vir kinders nie, maar verleentheid vir enige ordentlike Blanke wat trots is op sy velkleur, taal en geslag.

Kaspaas Breekwater ·

Welkom Trippie. Gewonder wanneer gaan jy hier arriveer.

Chris ·

Ons in Holland love hom. Maar party buielanders dink ook ons is sulke slegte mense… Amper soos Jack Parow. ;)

Anita ·

Vat die sleutel en gooi dit weg. Hy is in elk geval n swak voorbeeld vir die Afrikaanse taal en jeug. Toon nie respek vir vroue in sy gehore nie. Hou hom daarbinne

Desmond ·

Het nie tyd vir die simpel ou nie, slenter van ‘n Suid Afrikaner en as trots Suid Afrikaanser kan mens mos nie vloek terwyl jy in jou taal sing nie?? Wat de hel, hy moet asb net Holland toe gaan en daar sy tradisie gaan voortsit!

Willy ·

Hy kan sy gode dank hy het nie versuip op die dam nie. Hy is maar ‘n verskoning vir ‘n witmens.

Pieter Potgieter ·

Moet erken glad nie ons boere tipe nie. Hou ook nie van sy optredes nie en hoop hy gaan vang eerder vis op n boot in parow.

Rennie ·

Ja julle ou verstoktes! Gaan luister julle Briel en Juanita cd’s!

vonnie ·

Hoop hulle hou die kommin ding daar. Slegte voorbeeld van ‘n witmens. Moet die swartes na-aap om aandag te kry.

vonnie ·

@rennie, gaan klim jy ook maar saam in die sel, hy sal jou seker graag as geselskap wil hê.

joof ·

Goeiste! Wat n eenvoudige klomp simpel bliksems wat hier kommentaar te lewer het! Gaan die Afrikaner verkramptheid dan nooit einde kry nie? Fok julle! Julle maak my fokken mal met julle stupid kak!

Willy ·

Ons maak jou nie mal. Jy is al klaar mal om na sy eenvoudige klomp snert te luister en ons regdenkendes te probeer oortuig om af te daal na jou en sy vlak toe.

Boere-meisie ♡ ·

En jy is duidelik net so common soos hy ! ‘ n verleentheid vir die afrikaner ! Ek hoop nie jy maak jou kinders ook so tappit groot nie ! Enige iemand wat die rubbish sien as vermaak, is duidelik nie lekker in die kop nie ! Ek is bly hy tree nie meer op nie – hy moet in die lokasies vir sy boeties en sussies gaan optree die rubbish !

Boere-meisie ♡ ·

Hierdie is SA se wit julius malema ! Altwee met die mentaliteit van ‘n vis !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.