Zander Tyler (29), bekend as die kletsrymer Jack Parow, het om 19:48 getweet: “Hello Ruby Tuesday!” Die babatjie se naam sal Ruby Tyler wees.
Parow het glo dadelik na hulle uitgevind het hulle is swanger vir Pieterson (24) DVD’s begin koop oor hoe ‘n baba in die ma se baarmoeder gevorm word. “Hy het vir my corny CD’s gegee: walvisklanke in Hermanus en operamusiek. Hy sê solank ‘n babatjie net baie liefde kry, sal als oukei wees,” het Pieterson Desember in ʼn onderhoud met Sarie gesê. “Ek en Zander kom uit liefdevolle, Christelike huise. En ek het groot geword met kamp-vakansies regoor Afrika en is aan die natuur blootgestel. Ons sal dít ook vir ons kind wil leer,” het Pieterson bygevoeg.
Pieterson het getweet: “Ruby slaap sedert 16:00 in my arms. Ongelooflik gelukkig en geseënd. Baie dankie vir al die ondersteuning.”