Jack Parow se tjoekie-foefie

Jack Parow in die “aanklagkantoor”

Jack Parow se inhegtenisneming was glo ‘n publisiteitsfoefie vir “iets groot” wat die naweek by die Oppikoppi-musiekfees in Limpopo gaan gebeur.

Die nuus het Woensdag gebreek dat Jack Parow, oftewel Zander Tyler (31), in hegtenis geneem is vir rusverstoring. Die organiseerders van Oppikoppi het daarna ‘n verklaring uitgereik wat sê dat die kletsrymer se vertoning by die musiekfees uitgestel is.

Maroela Media het Woensdag berig Jack Parow is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo rusverstoring by ʼn oord, waar hy oornag het om die naweek by Oppikoppi op te tree, veroorsaak het. Lees meer hier.

Sy woordvoerder, Louise Crouse, het dit aan Maroela Media bevestig. Hilltop Live Promotions, wat die fees organiseer, het in ʼn persverklaring meer inligting oor die voorval bekend gemaak. Hy het selfs later ʼn video op sy Facebook-blad geplaas waarin hy om verskoning vra dat hy vanjaar die fees gaan maak nie, aangesien “die bra’s my nie wil laat gaan voor Maandag nie”. Dit lyk of die selfoonvideo in ʼn aanklagkantoor gemaak is. Dié nuus is deur erge teleurstelling van Parow-aanhangers ontvang.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag aan Maroela Media bevestig daar was ʼn voorval by die oord en dat die polisie na die Vaalkopdam ontbied is omdat inwoners oor ʼn geraas gekla het. “Niemand is egter in hegtenis geneem nie. Die polisie het net ʼn waarskuwing van rusverstoring uitgereik.”

Crouse het Donderdag aan Maroela Media gesê sy wil nie oor die voorval uitbrei nie behalwe dat “iets groot” by die fees, wat vandag [Donderdag] afskop, verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

ai ek mis dit om op my stoep te sit en na die musiek te luister. al die karakters wat daar opdaag. ai bosveld ek mis jo.

Berita Drescher ·

Ten minste weet hy nou wat die meerderheid mense van hom dink anders sou hy nooit uitgevind het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.