Jack Russel gryp slang na dit eienaar byt

'n Jack Russel-terriër.

ʼn 14-jarige Jack Russel-terriër het ʼn pofadder doodgemaak nadat sy eienaar, Joy Weston (68), deur die slang aan haar toon gebyt is en dit geweier het om te los.

Weston, van die plaas DeVilliershoop in die Jakkalsdal-distrik in die Noord-Kaap, het Donderdag in die veld gestap toe sy op die slang getrap het. “Die slang het my gebyt en wou nie los nie. Monty het die slang gegryp en doodgebyt.” Sy sê die slang was sowat 40cm lank. Weston se man, Neville, het pas teruggekeer van Kimberley toe hy op sy vrou afkom. Hy het onmiddellik die 48km terug dorp toe gery om sy vrou na ʼn hospitaal te neem. Weston is Saterdagoggend ontslaan en het nie haar toon verloor nie. Die slang is in ʼn bottel formalien gesit om vir die Weston’s se sewe kleinkinders te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.