Jack Russell byt baba se oortjie af

Argieffoto

Argieffoto

Jolizne Bester, ʼn 17 maande oue baba van eMalahleni (Witbank), se regteroor is deur die gesin se Jack Russell-hond afgebyt, het Beeld Maandag berig.

Dokters het ʼn week lank gesukkel om haar oor te behou, maar moes uiteindelik die oortjie in die Wilgers-hospitaal in Pretoria amputeer.

Haar ouers, Johan en Elizma, het gesê hulle het geen idee waarom hul troeteldier, Bakkies, haar gebyt het nie, aangesien die twee glo onskeibaar was.

Bakkies is dieselfde dag nog uitgesit.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anita Swart ·

Jammer maar ek persoonlik stem nie saam met die uit sit van die hond nie soveel gevalle waar n hond n kind byt is waneer toesig nie naby is nie

Inggs ·

Alle klein kindertjies kan nie sonder toesig met honde gelos word nie. Daardie hond sou nie net opspring en haar oor verskeur het nie, die dogtertjie het obviously ietsie gedoen, en dit was ‘n reaksie van die hond. Dis baie jammer van haar oortjie.

Sylvia ·

Eerstens is dit baie jammer oor die pragtige dogter se oortjie ,ek neem dit is net die skulp van die oor, want as die oor afgebyt is moet daar ook ‘n gat in haar koppie wees, swak joernalistie.

Tweedens die dogtertjie moes nie alleen gelaat gewees het by die hond nie, nie eens vir ‘n sekonde nie, Jack Russels is in elkgeval “afknouerige” honed, en byt en bespring alles wat voorkom.

Hoop daar sal wel vir haar ‘n oorskulp gemaak kan word uit sintetiese material, die slim dokters sal weet.

Sylvia ·

Eerstens is dit baie jammer oor die pragtige dogter se oortjie ,ek neem dit is net die skulp van die oor, want as die oor afgebyt is moet daar ook ‘n gat in haar koppie wees, swak joernalistiek.

Tweedens die dogtertjie moes nie alleen gelaat gewees het by die hond nie, nie eens vir ‘n sekonde nie, Jack Russels is in elkgeval “afknouerige” honde, en byt en bespring alles wat voorkom.

Hoop daar sal wel vir haar ‘n oorskulp gemaak kan word uit sintetiese material, die slim dokters sal weet.

Charmaine ·

Die ouers moet sommer aangegee word vir nalatigheid, want as hulle in die eerste plek na die kind gekyk het was die kind se oor nou nie verskeur nie en die arme hond sou nog gelewe het!! Dis ‘n feit dat honde of diere nie net iemand sal aanval indien dit homself of sy mense of huis wil beskerm nie. Kinders is geneig om diere af te knou en dan as die dier daarop reageer dan is dit nou die wreedste dier op aarde en niemand kan kamstig verstaan hoekom die dier tot so ‘n daad oorgegaan het nie. Maak my so siek, Kinders word nie van kleins af geleer om diere sag te hanteer nie en dit is aan die orde van die dag om diere te verpes en af te knou en dis net die ouers se skuld. As jy ‘n ouer wil wees, begin dink soos een en kyk na jou kind!

Hanli ·

As jy nie weet waarvan jy praat nie, moet dan eerder nie iets skryf nie. Hierdie twee mense is van dié beste ouers wat ek ken. Hou op om sommer net afleidings te maak. Niemand was daar om te sien wat gebeur nie. Hierdie gesin is deur hel die afgelope tyd, so los asseblief die oordeel!

Michelle Rossouw ·

Ek stem heeltemal saam! Die ouers moet aangekla word van nalatigeid! Kon hulle nie die kind hoor skreeu nie! Wat as hulle die kind verdrink het in n swembad? Sou hulle dan hulself laat uitsit het of die swembad toe gooi?? Arme hondjie sal nie net n kind byt sonder geen rede nie!! Hoekom nie die hondjie weg gee nie! Nou sit hulle die arme diertjie wat nie sy kant van die storie kan vertel nie sommer dieselfde dag nog uit!! Sies!! Sulke mense verdien nie om kinders of diere te hê nie! Maklik om die blame op die hond te pak!! Waar was jy toe dit gebeur het, liewe mamma?? Kla die ouers sommer aan vir die kind en die hond!!

Michelle Rossouw ·

Die kind kon netso wel in n swembad verdrink het oor die kind sonder toesig was toe die hond die kind se oor afgebyt het!! Wat sou hulle dan gedoen het? Die swembad toe gooi of hulle self laat uitsit? Die ouers moet aangekla word! Arme hondjie. Julle behoort julle te skaam. Daardie hond kon nie sy eie weergawe gee nie. Ek stem heeltemal saam. Die hond is onnodig uitgesit en kyk na jou kind!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.