‘n Video van Jacques Kallis se spel volg onderaan die berig. Jacques Kallis, die Proteas-krieketspeler, het sy uittrede uit toets en eersteklas-krieket aangekondig, het Krieket SA Woensdag gesê.
“Kallis sal ná die tweede toets teen Indië uittree, maar steeds beskikbaar wees vir beperkteboulbeurt-krieket,” het Lerato Malekutu, mediabeampte vir die nasionale span, in ʼn verklaring gesê.
“Dit was ʼn eer en ʼn voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se toetsspan sedert ek 18 jaar gelede my debuut gemaak het,” het Kallis gesê. “Ek het elke oomblik geniet, maar ek voel dit is nou die tyd om my witklere op te hang.”
Kallis sê dit was nie ʼn maklike besluit nie, veral nie omdat die span binnekort Australië die stryd gaan aansê nie.
Kallis het as ʼn 20-jarige sy debuut in toetskrieket gemaak en tree uit as een van die beste krieketspelers. Hy het 13 174 lopies aangeteken, 292 paalties laat val en 199 vangskote agter sy naam. Hy het die meeste toetslopies, meeste honderdtalle (44) en hy het die meeste toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Die wedstryd in Durban sal sy 166ste wedstryd wees.
Die tweede toets teen Indië begin Donderdag in Durban.
Die video is ‘n uittreksel uit die wedstryd teen Indië in 2010.
http://youtu.be/gVNPD_xCAZ4
Ek dink dit is 6 Maande te vroeg. Ons het hom no dig teen Australia
Goeie besluit Jacques, jy sal ook herken jou spel die laaste tyd was nie op standaard. Ek/Ons wil jou liewer onthou vir al die vreugde en gejuig vir elke lopie en nie vir die laaste geskarrel om lopies te kry.
Hoop Smith volg jou voetspore vinnig …..