Jagluiperd val Botswana-president aan

Ian Khama

Ian Khama, die 60-jarige president van Botswana, is verlede week deur ʼn jagluiperd aangeval.

Plaaslike media het Maandag berig die president het beserings aan sy gesig opgedoen en hy moes twee steke kry. Die president het besoek by ʼn weermagbasis afgelê toe die dier hom aangeval het. Die  jagluiperd  is by die basis in ʼn hok aangehou. Hy het na die president gespring toe iemand die dier wou voer.

“Dit was net ʼn fratsongeluk en die president het net geringe beserings opgedoen,” het Jeff Ramsey, die president se woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.