Volgens die jongste inligting het ‘n jagter wat nie sy vuurtjie behoorlik geblus het nie, die reuse bosbrand in Kalifornië in Amerika veroorsaak wat sedert 17 Augustus woed.
Die brand, wat nou as 80% onder beheer beskryf word, word op twee na as die grootste brand in die geskiedenis van Kalifornië beskryf. Vroeër is vermoed die brand was die gevolg van bedrywighede by ‘n onwettige daggaplantasie in die Yosemite-natuurpark. Die brand woed deels binne hierdie park.
Bykans 100 000 hektaar bos is reeds verteer.
In ‘n stadium is van die reuse sequoiabome, waarvan sommige voor Christus begin groei het, ook bedreig.
Hier by ons sou dit lees: “Vermoedelik & Vedagte” Die FBI en CIA kon seker daarin slaag om die reste vd vuurhoutjie op te spoor as bewysstuk no. 1. ( ja ek weet weet so n bosbrand is erg en die skade onherstelbaar)