Jagter voor toeriste doodgeskiet

‘n Professionele jagter is doodgeskiet tydens ‘n rooftog, terwyl hy toeriste op ‘n toer in Mpumalanga gelei het.

‘n Polisiewoordvoerder kapt. Leonard Hlathi sê die 27-jarige jagter, van Fourways in Johannesburg, het Vrydagaand omstreeks 19:00 by ‘n gastehuis naby Witrivier aangekom. Die jagter het sy vrou en ‘n Amerikaanse pa en seun op ‘n toer geneem voor hulle teruggekeer het na die gastehuis in Witrivier. Volgens Hlathi het die jagter en sy vrou, hulle tasse uit hulle motor gelaai toe ‘n man hulle na hulle kamer agtervolg het. Die man het hulle kamer binnegegaan en die jagter in die bors geskiet voor hy die vrou se sak gegryp en gevlug het. Die Amerikaanse pa en seun het nie die voorval gesien gebeur nie maar was baie geskok toe hulle na die tyd daarvan vertel is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.