Jaguar-bestuurder nog nie aangekeer nie

Argieffoto van ‘n Jaguar XF

Die bestuurder van ‘n Jaguar XF wat Sondagoggend in ‘n huis in Doringkloof, Centurion, vasgejaag het, is nog nie in hegtenis geneem nie.

“Teen laat gistermiddag [Maandag] was niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het ao Annabelle Middelton, woordvoerder van die polisie, gesê. The Star het Dinsdag berig dat die voertuig glo aan ‘n regeringsamptenaar wat in intelligensie werk, behoort. “Selfs al was dit waar, kan ons nie die inligting bekendmaak nie,” het Middelton gesê.

Luidens die berig het die bestuurder gevlug en die motor en die identiteitskaartjie van sy werkgewer met die naam LN Makamu in die motor agtergelaat. ‘n Leë whiskybottel en verskeie bierbottels is glo in die motor opgespoor.

Die motor is glo vir 12km ver met ‘n stukkende linkervoorband bestuur.

Brian Dube, woordvoerder van die ministerie van staatsekuriteit, het gesê hy is nie bewus van die voorval of van enigiemand in die departement wat ‘n Jaguar ry nie. “Die polisie het toegang tot eNatis en kan maklik die eienaar identifiseer en opspoor,” het Dube gesê. “Die polisie moet hul ondersoek volg en die oortreder aankeer.”

Zee Pieterse, die huiseienaar, het gesê die impak van die ongeluk was só erg dat dit twee motors, wat in die motorhuis parkeer gestaan het, voor tot teen die motorhuismuur gedruk het.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.