Jaguar-bestuurder steeds op vrye voet

Argieffoto van ‘n Jaguar XF

Die polisie kan nie verduidelik waarom die bestuurder wat glo met sy Jaguar deur ʼn huis se heining in Doringkloof, Centurion, gejaag het, nog steeds nie in hegtenis geneem is nie.

EWN berig daar is ʼn toenemende vermoede dat die man, Lennon Makuma, voorkeurbehandeling geniet omdat hy by die departement van intelligensie werk. Die bestuurder van die Jaguar het Sondagoggend omstreeks 03:00 deur die staalheining van die huis gejaag en uiteindelik teen die motorhuis tot stilstand gekom. Twee geparkeerde motors in die motorhuis is ook beskadig.

Die bestuurder van die motor was glo nêrens te vinde nie toe die huiseienaar, Zee Pieterse, en sy gesin, van die slag wakkergeskrik en uitgehardloop het. Lees meer hier.

Die polisie het glo op ʼn leë whiskeybottel en botteltjies bier in die motor afgekom. Makuma se werknemerskaart was ook in die motor.

Volgens Howard Dembovsky van die Justice Project, is dit kragtens die Padverkeerswet ʼn oortreding om van ʼn ongelukstoneel te vlug, berig EWN.

EWN berig verder dat Hero Gambu, woordvoerder van die polisie, aan hulle bevestig het dat ʼn verklaring by Makuma afgeneem is, maar wou nie kommentaar lewer waarom hy nog nie aangekla of in hegtenis geneem is nie.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.