Jak de Priester se familie in ongeluk

Die sanger Jak de Priester

Die sanger Jak de Priester se skoonma is dood en sy vrou en kinders beseer na ʼn ongeluk in Uvhongo aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

De Priester het Woensdag aan JacarandaFM gesê sy vrou het bestuur en beheer oor die motor verloor nadat sy vermoedelik aan die slaap geraak het. Die motor het gerol. De Priester se twee kinders, Jamie (2) en Mia (nege maande) is in ʼn bestendige toestand in die hospitaal. Hy het gesê sy vrou, Michelle Roux, sal moontlik herkonstruktiewe snykunde moet ondergaan vir die beserings aan haar arm. De Priester, wat besig is om ’n rolprent in Oudtshoorn te skiet, is by sy gesin.

Boodskappe van medelye aan die gesin is op die sosiale netwerk Twitter betoon. Steve Hofmeyr het getweet: “My hart gaan ook uit aan Jak de Priester se skoonfamilie wat in ‘n afgryslike ongeluk was. Donker dag.” Die sangeres Corlea Botha het laat weet: “Liefde aan Jak de Priester en familie!!! Julle is kosbaar!!! Xxxx”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.