James Bond se Aston Martin te koop

‘n Aston Martin V12 DBS coupe wat in die James Bond-rolprent, “Quantum of Solace”, gebruik is, is een van die spogitems by ‘n welwillendheidsveiling vir die 50ste herdenking van “Dr No”, die eerste 007-film.

Die motor, ‘n swart 2008-model, sal na verwagting vir ten minste ₤100 000 (R1,3 miljoen) verkoop word, het Christie’s-afslaers Donderdag gesê. Die veiling, wat slegs op uitnodiging bygewoon kan word, sal op 5 Oktober plaasvind. Wins uit die verkope sal aan Barnardo’s, ‘n kinderwelsynsorganisasie in Brittanje, geskenk word.

Nege ander items, insluitend ‘n sonbril wat Daniel Craig in “Quantum of Solace” gedra het, sal ook te koop aangebied word. Talle items is deur EON Productions, vervaardiger van die amptelike Bond-rolprente, geskenk. Daar is ook skenkings van die voormalige 007-akteur Timothy Dalton, Aston Martin en die familie van wyle Ian Fleming, die skepper van James Bond. Die Aston Martin DBS is een van sewe van dié voertuie wat in die verfilming van “Quantum of Solace” gebruik is. Aston Martin is ‘n gewilde voertuig vir die Bond-rolprente. Die eerste Aston Martin is in “Goldfinger”, wat in 1964 verfilm is, te sien.

Klik hier om ‘n lys van die ander veilingitems te sien.

Die gebruiker SKYOfficial het die volgende video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.