“Jammer, Dutchmen,” sê Watson

Luke Watson. Foto: sarugby.net

Die kaptein van die Southern Kings, Luke Watson, het tydens ʼn Sport Talk radio-onderhoud om verskoning gevra vir die neerhalende opmerking wat hy teenoor Afrikaners gemaak het, berig Beeld .

Watson het in 2008 gesê die probleem in Suid-Afrikaanse rugby lê by die feit dat dit deur “Dutchmen” bestuur word.  Tydens die insident is Watson glo sonder sy medewete opgeneem.

Tydens ʼn radio-onderhoud het Watson glo gesê dit is een van die dinge waaroor hy die spytste is, en dat dit vir hom baie beteken dat so baie mense hom nog ondersteun.

Watson het egter ook bygevoeg dat hy voel die media het sy woorde verdraai en dat hulle voordeel trek uit sensasie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swartskaap ·

Sjoe, As n baie trotse jong Afrikaner find ek die woord “Dutchmen” in die selfde liga as die K-woord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.